Petrolprys kan daal

Die petrolprys kan moontlik aanstaande week aansienlik daal.

RSG berig dat die kleinhandelprys van alle grade petrol moontlik met tot 73c per liter kan daal. Die groothandelprys van diesel kan moontlik met tot 52c per liter daal. Die daling is moontlik indien die daaglikse oorverhaling vir die res van die maand dieselfde bly. Dit sal die Gautengse kleinhandelprys vir petrol op R10,94 te staan bring teenoor verlede maand se rekordprys van R12,22. Die departement van energie sal die nuwe prys aanstaande Vrydag aankondig. Brandstofpryse word op die eerste Woensdag van elke maand aangepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.