Petrolprys kan dalk daal, diesel styg

Paul Joubert, ʼn senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Maandag gesê daar is gemengde vooruitsigte vir September se petrol- en dieselpryse.

Die huidige vooruitsig is dat die basiese prys van petrol (voor heffings of winsmarges) op 4 September met sowat 7c tot 10c kan daal. Vir diesel is dit egter omgekeerd, en die basiese dieselprys kan weer heel waarskynlik met sowat 10c styg.

“Buiten die waarskynlike veranderinge in die basiese pryse, is daar ook ʼn moontlikheid dat die leiheffing (slate levy) wat tans 17,54c per liter is, in September ietwat kan daal,” het Joubert aan Maroela Media gesê.

“Aan die negatiewe kant is daar egter ʼn moontlikheid dat die kleinhandelwinsmarge op petrol en diesel opwaarts aangepas kan word in September. Hierdie marge word gewoonlik jaarliks in September of Oktober met sowat 4c per liter verhoog.”

Volgens Joubert is die netto-effek op petrolpryse en groothandel dieselpryse vandeesmaand moeilik om te skat, aangesien die veranderinge in die leiheffing of kleinhandelwinsmarge nie voorspel kan word nie. “Tog sal dit raadsaam wees om vir ʼn klein daling in die prys van petrol, en ʼn klein styging in dié van diesel voor te berei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Seg Net ·

Ja Peter nou sal mens darem weer kan ry met die mildelike toegewing. Dit behoort ons baie te help en alles sal seker nou verlaag word soos voedsel pryse ens. Dankie aan die regering wat ook aan die arme mense dink

Peter Vonk ·

Seg Net,dit is mos nou weer verkiesing,so ek neem aan die regering probeer nou weer die heuning taktiek,maar “damnit” 10c

leana ·

Seg Net en wat van ons armes wat diesel gebruik? Aijaijai, wil sommer tjank net met die aanhoor van die woord brandstof :-(

Trippie ·

Lekker lag ek vir julle twee.

10 Sent is NIKS … hulle kon dit druk daar waar die komkommer reeds sit (Leon Schuster se fliek).

Ek verstaan eerlikwaar nie waar kry mense nog geld vandaan om met vakansie te gaan nie.

Maar, julle is reg, verkiesing is op hand, dis al waaroor dit gaan.

Peter Vonk ·

Trippie,wys jou net,die ander spesie, KAN met 10c omgekoop word.

Seg Net ·

Nie van die kospakkies vergeet nie. So ‘n dag voor en met die verkiesing is genoeg vir ‘n kruisie.

Seg Net ·

Wat maak Koos as die petrolprys afkom en sy voertuig is nog vol brandstof? Ry dit alles uit om more goedkoper brandstof in te gooi dan ry hy goedkoper.

Trippie ·

Lekker lag ek nou weer !

Jy en Peter maak my aand.

Geseende nagrus vir julle.

Peter Vonk ·

Trippie,wat sal ek se “every cloud has a silver lining” al gaan dit swaar,moet ons tog ook die humor insien,onderkry gaan hulle ons beslis nie.Rustige nagrus vir jou ook. :-)))

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.