Petrolprys styg skerp aanstaande week

Die departement van energie het aangekondig dat die kleinhandelprys van brandstof volgende week met 36 en 37c per liter sal styg.

In Gauteng sal motoriste nou R10,54 moet opdok vir ʼn liter 95 loodvrye petrol. Die prys 93 ULP en LRP sal met 37c per liter styg terwyl 95 ULP en LRP met 36c per liter sal styg. Diesel, met ʼn 0,05% swael-inhoud sal met 35c per liter styg terwyl diesel met ʼn 0,005% swael-inhoud met 37c per liter sal styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae