Petrolprys styg Woensdag skerp

fuel-price-increase1Die prys van petrol en diesel styg Woensdag, het die departement van energie aangekondig.

Die prys van alle grade petrol styg met 39c per liter terwyl eie prys van alle grade diesel met 24,2c per liter sal styg. Gas styg met 54c per kilogram terwyl paraffien met tussen 12c en 16c per liter sal styg. Die departement sê die styging is as gevolg van internasionale brandstofpryse wat effens gestyg het en die verswakkende rand. Die styging sal die prys van 95-oktaan-petrol in Gauteng op R13,96 per liter te staan bring en R13,59 per liter aan die kus. Diesel gaan R13,11 per liter in Gauteng kos en R12,85 per liter aan die kus.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê dit is die derde agtereenvolgende maand van stygings, in pas met die verswakking in die wisselkoers van die rand. Die pryse van petrol en diesel het albei in Januarie nuwe nominale rekordhoogtes bereik. “Dit is belangrik om daarvan kennis te dra dat die stygings in die brandstofpryse niks met die e-tolstelsel of ander regeringspanderingsbehoeftes te doen het nie,” het Joubert beklemtoon. “Aangesien die belasting op brandstof ʼn vaste bedrag per liter is, wat slegs jaarliks in April aangepas word, en nie ʼn persentasie soos BTW nie, beteken dit dat die belastinggaarder nie ʼn hoër bedrag belasting inkry wanneer brandstofpryse weens normale faktore soos die wisselkoers of internasionale petroleumprodukpryse styg nie. Al faktor wat die staat se belastinginkomste uit brandstof beïnvloed, is hoeveel liter verkoop word – nie die prys daarvan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kobus ·

Ek kan niks afstof nie want ek het nie “di” en “donki” nie.

Frederick ·

Die regering is natuurlik direk verantwoordelik vir die styging. Hulle is die oorsaak van die swak Rand. Betogings, Strike’s en geweld lei direk na die verswakking. Dis hulle gemors maniere wat ons elkeen laat suffer. Hulle is verstaan nie “cause & effect”.

Peter ·

Die verhogings van die brandstof mag wel wees as gevolg van internationale petroleum prys stygings en ‘n swak rand/dollar prys.

Die rand verswak egter as gevolg van omstandighede in die land.

Ek kan jou egter ‘n weddenskap aangaan dat die prys gaan verlaag net voor die verkiesing, al het wereld pryse konstant of slegter geword.

Jasper ·

In Saudi Arabië kos n 600ml. gebottelde water tans R2-96 en n liter petrol kos R1-39. (S.A. Rand)
Iewers word vreeslik geskep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.