Petrolprys styg

Platsak motoriste moet gereed maak vir nog ʼn verhoging in die petrolprys teen die einde van Julie, het die departement van minerale en energie Vrydag aangekondig.

Die kleinhandelprys van petrol (beide 93- en 95-oktaan) styg met 22 sent.

Die groothandelprys van diesel met 0,05% swawelinhoud styg met 14,62 sent.

Die groothandelprys van diesel met 0,005% swawelinhoud styg met 15,62 sent.

Die kleinhandelprys van paraffien sal met 20 sent styg tot R7,61028 in Gauteng en R7,19128 aan die kus.

Die prys van LPGAS sal met 52 sent styg.

Die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng sal nou R10,83 wees. Die prys van 95-oktaan petrol aan die kus sal nou R10,69 wees.

Die groothandelprys van 0,05% diesel in Gauteng sal nou R10,2559 wees. Die groothandelprys van 0,05% diesel aan die kus sal R10,0089 wees.

Dié nuwe pryse tree eerskomende Woensdag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.