Petrolprysdaling in Januarie verwag

Motoriste kan moontlik nóg ‘n daling in die petrolprys in Januarie verwag.

Internasionale petroleumprodukpryse is tot dusver deur die loop van Desember laer as gedurende November. Die rand was ook tot dusver ietwat sterker teenoor die dollar as in November. “Indien hierdie tendense voortduur, kan die prys van petrol in Januarie met ongeveer 5c per liter daal, en die prys van diesel met ongeveer 20c per liter.
Indien die leiheffing (slate levy) van 15,36c ook in Januarie weer tot 0c teruggeskryf word, kan die totale prysdalings onderskeidelik sowat 20c en 35c wees,” het Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gesê.

“Vir ʼn voertuig met ʼn petrolverbruik van 14 km/l sal dit ʼn besparing van sowat R25 op ʼn rit van Kaapstad na Pretoria beteken,” het Joubert bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.