Platsak motoriste moet moontlik gereed maak vir ‘n verhoging in die petrolprys, het ekonome Woensdag gewaarsku.
Ekonome glo die petrolprys behoort met 10 sent per liter toe te neem, berig EWN. Die departement van minerale en energie sal na verwagting Vrydag ‘n aankondiging oor die petrolprys maak. Die petrolprys het oor die afgelope twee maande twee keer gedaal. Volgens Mike Schussler, ekonoom, het die rand wesenlik verswak en kan hoë oliepryse weer gesien word.
Julle moet by Paul Joubert van die Solidariteit Navorsingsinstituut hoor. Hy het eergister al voorspel dit sal 26sent per liter wees. So is dit intussen ook aangekondig.
Dis nog nie amptelik so aangekondig nie (dit gebeur eers moremiddag), maar dit sal wel 26c wees, buiten as sekere van die heffings of winsmarges dalk marginaal aangepas word – iets wat wel kan gebeur. Daar is een spesifieke heffing wat heelwaarskynlik met sowat 4c sal daal. Dan sal die styging slegs sowat 22c wees.
Diesel se prys sal met sowat 20c styg, behalwe indien daardie spesifieke heffing met 4c daal – dan sal die styging sowat 16c wees.