PetroSA ‘nie verantwoordelik’ vir olielekkasie

Die staatsbeheerde brandstofmaatskappy, PetroSA, het Vrydag gesê hy is nie verantwoordelik vir die olielekkasie by Diaz-strand op Mosselbaai nie.

Die maatskappy sê in ʼn verklaring dat ʼn ondersoek deur personeellede van PetroSA, die Mosselbaai munisipaliteit en die bergingsmaatskappy Smit Amandla, die “pofferige lompe” geïdentifiseer het as die tipiese besoedeling van hewige olie wat aan die son en see blootgestel is. “Hierdie vorm van besoedeling is veral die geval nadat skepe hul bunkertenks skoonmaak terwyl hulle op see is,” het die maatskappy gesê. “Die ondersoek het ook aan die lig gebring dat die oliebesoedeling van die see af geblaas is. Al die partye wat by die ondersoek was, het ook ooreengekom dat PetroSA nie verantwoordelik is vir die besmetting nie.” Die olie is Donderdag omstreeks 12:30 op die strand opgemerk. Menseredders het besoekers glo verbied om by dié strand te swem. “Dit is ook belangrik om daarop te let dat PetroSA nie swaar olie per see vervoer nie. Die swaarste koolwaterstof produk wat PetroSA vervoer oor die see is diesel. Dit is hoogs onwaarskynlik dat diesel soliede lompe sal vorm soos die wat op Diaz-strand gevind is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.