Phalaborwa-skoliere takel bende glo met messe

mes1-225x225Chaos het Woensdag in Phalaborwa in Limpopo uitgebreek toe ʼn groep skoolkinders, glo van Hoërskool Frans du Toit, en ʼn vermeende bende mekaar in die dorp se strate getakel het.

Jaco Gericke, ʼn paramedikus en direkteur van CPF Medics, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het plaasgevind nadat die skool uitgekom het, en die voorval het ʼn blok van die skool af in Grosvenorstraat plaasgevind.

“Ons glo die aanval was bende-verwant, maar die polisie sal dit ondersoek,” het Gericke gesê. “ʼn Groep van vier of vyf seuns wat verlede jaar al uit die skool uit is, en leerlinge van die hoërskool het met mekaar begin baklei en mekaar met messe aangeval. Twee van die ouer seuns het erge beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Van die ander kinders het geringe beserings opgedoen.”

Volgens Gericke het verskeie ooggetuies en leerlinge die bakleiery op hul selfone afgeneem wat die polisie sal bystaan in hul ondersoek.

Maroela Media wag vir kommentaar van die hoërskool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Hoop daardie bende het n les geleer. Wapens by skole is vandag se dae die “in” ding? Dit het nou wel buite die skool gebeur, maar dalk was die wapens saam skool toe. Bly en dankbaar ek het geen kinders op skool nie. Sjoe……..

Cornel ·

Ek is so bly ek het my gesin uit daai ou dorpie verwyder…. wat word van Phalaborwa????

Jaco Gericke ·

Baie dankie dat julle die geplaas het. Ek was eerste op die toneel en moet se die een ouer seun wat klaar uit die skool uit is het n ‘life threatening’ skerp voorwerk wond aan sy nek gehad. Wat my die hartseerste maak is dat ek nou beskuldig word dat ek die skool se naam beswadder. Ekt duidelik gese die voorval het twee strate van die skool af gebeur, nes julle genoem het. Daar is ook vir my gese dis MY SKULD omrede ouers hulle kinders in n ander skool sit. Liewe tyd die geweld is n lands/wereld wye probleem veral onder kinders.

Groete
Jaco
CPF MEDICAL/GAMS (GUARDIAN ANGEL MEDICAL SERVICES)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.