Philander se sprokiesverhaal duur voort

Vernon Philander

Die Proteas-naatbouler, Vernon Philander, het die eerste krieketspeler in meer as 100 jaar geword om 50 paaltjies in net sewe toetse plat te trek.

Philander is ook die tweede vinnigste persoon om dié prestasie te behaal nadat Australië se Charlie Turner in 1888 daarin kon slaag om 50 paaltjies in ses toetse plat te trek. Danksy Philander se vertoning met die bal, het die Kiwi’s gespartel om kop bo water te hou in die derde toets. Die Kiwi’s is vir 275 uitgehaal in antwoord op Suid-Afrika se 474/9 in sý eerste beurt nadat die beurt gesluit verklaar is. Teen uitskeityd op die vierde dag het Suid-Afrika sy voorsprong tot 274 lopies gerek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.