Philips maak miljoene uit daggakweek; afgedreig

PhilipsDie Nederlandse vervaardiger van elektriese toebehore, Philips, het miljoene rande verdien uit die verkoop van lampe aan kweekhuise waar onwettig dagga gekweek is. Philips het self geen kontak met die daggabedryf gehad nie, maar het geweet die leweransiers lewer aan die bedryf.

Hoewel die verkooppraktyk nog nie in Nederland onwettig was nie (die wet word nou aangepas), het Philips twee jaar gelede besluit om die praktyk stop te sit.

Philips is hierop deur een van die leweransiers gedreig dat hy alles op die lappe sou bring, en ‘n ooreenkoms met die leweransier gesluit dat Philips nog eenmalig aan hom sal lewer, op voorwaarde dat hy daarna geen kontak met Philips of die personeel mag hê, of die personeel by hul huise mag dreig nie.

Die man het Philips egter weer probeer afpers, en ook werknemers by hul huise gaan dreig, waarop Philips besluit het om met die sak patats vorendag te kom.

Brone: Trouw, Elsevier, NOS, NRC Handelsblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.