Phillip Moolman en Susan Coetzer van tafel en bed geskei

Die akteurspaar Philip Moolman en Susan Coetzer is ná ‘n huwelik van 13 jaar van tafel en bed geskei.

Coetzer, wat vroeër met die akteur Frank Opperman getroud was, het bevestig dat hulle nog nie amptelik geskei is nie. “Nee, status is “separated” vir almal wat wonder. Nee, niemand het al prokureurs gebel nie. Ek het wel van Philip ‘n mail met ‘n egskeidingsversoek ontvang op 24 Augustus. Nie ‘n amptelike dagvaardigings dokument nie. Ek het nog niks daaraan gedoen nie. dit nie beantwoord nie. Ek oefen eers om feesklere te dra. Om net eers aan “separated” as nuwe status gewoond te raak [sic],” het Coetzer Saterdag op haar Facebook-blad geskryf. Dit is Coetzer se vierde huwelik.

Moolman was voorheen met die aktrise Anna-Mart van der Merwe getroud. Rapport het Sondag berig dat Moolman aan hulle bevestig het hy en Coetzer is geskei. “Dit is vir my ’n bevredigende reis. Ons is nie kwaad vir mekaar nie. En dit doen ons albei goed, want nou kan ek al my aandag aan ons restaurant gee en sy kan al haar aandag aan haar optredes gee,” het Moolman aan Rapport gesê.

Moolman en Coetzer het 10 jaar gelede ‘n teaterrestaurant, Die Blou Hond, in Linden, Johannesburg begin.

Moolman het erken dat hy vroeër vanjaar, na ‘n vriend byna verdrink het, erge depressie beleef het. “Dit is nou verby. Ek is in die beste tyd van my lewe en het vreugde en dankbaarheid. En wil net die beste vir Susan hê.”

Nee ek en Philip gaan nie modder na mekaar gooi in die koerante nie. Nee ons gaan nie iets probeer wen nie. Ons gaan met grace optree. Met vrede as hoofdoel. Philip se naam is op my arm getattoeëer. My naam is op sy arm getattoeëer. Maar belangriker nog -ons albei se name is in bloed in God se Handpalms getattoeëer,” het Coetzer bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.