Phiyega: ‘Statistiek wys misdaad is onder beheer’

Riah Phiyega. Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega. Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, glo misdaad is onder beheer ondanks kommer oor die nasionale misdaadstatistiek wat die week bekend gemaak is, berig City Press.

“Ek sal jou sê hoekom ek so sê. Wanneer jy na enige navorsingsinstituut gaan om onderwys, gesondheid, of veiligheid en sekuriteit te meet, moet daar oor ʼn tydperk daarna gekyk word,” het Phiyega aan City Press gesê. “Dit is ʼn komplekse en ingewikkelde portefeulje. Jy kan nooit sê jy het antwoorde vir alles nie maar wat oor is, is wat ons moet doen.” Phiyega sê sy het planne om polisiëring te verbeter. Dit sluit onder meer veranderinge aan skofstelsels en die verbetering van polisieopleiding in. Phiyega het intussen bewerings dat twee van haar familielede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) spesiale behandeling ontvang het, as laster afgemaak. Phiyega het toegegee dat sy twee familielede het wat vir die SAPD werk – brig. Tumi Shai, haar niggie, en brig. Phuti Setati, haar swaer. “Hulle werk al jare vir die SAPD. Hulle rapporteer nie aan my nie en het hul eie base. Dit is laster en moddergooiery en mense gooi soveel modder as moontlik in die hoop dat dit eendag gaan klou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elize Beukes ·

Whatever, die regering wil nie die misdaad raaksien nie. Hul self sorg vir hul beskerming want hul weet hoe ons almal deurloop en die boere vermoor word.

H J Bester ·

Die Polisie-kommissaris sowel as die Minister kan maar allerhande ingewikkelde verklarings vir die statistiek oor misdaad probeer gee om die indruk te laat dat misdaad eintlik afneem maar ons weet almal dat dit maar net “toor” met statisktiek en syfers is. Misdaad in Suid-Afrika is springlewendig.

Nee, die Owerhede hoef maar slegs te bieg en te beken dat hulle misdaad nie onder beheer het nie. Wat hulle moet doen is om eerder ‘n klimaat asook meganismes te skep waarbinne ons almal bereid is om alle vorme van misdaad te rapporteer want ons weet iets sal daaraan gedoen word. Eers dan sal misdaad bekamp en uitgeroei word.

LoVern van Tonder ·

Ja, want dit is mos nie ‘n misdaad om die wit boere en bejaardes uit te moor nie

jaco Du Toit ·

Die ANC sirkus het al oor en oor en oor vir die bevolking bewys dat absoluut niks wat uit hull monde kom meer geglo kan word nie. Hulle het baie min geloofwaardigheid oor indien enige. Die enigste deel van die bevolking vir wie hulle nog om die bos kan lei is die ongeletterde massas, vir wie hulle ongeletterd hou met hulle swak onderrig-sisteem. Die ANC is korrup, hulpeloos krimineel, oneties, en ongelukkig is die huidige vorm van die polisie en sy bestuur deel van dit.

Pieter Hamman ·

Ek is n ou polisieman, sy praat nonsens. Stuur haar terug kombuis toe.

andie ·

Ek verstaan nie wat julle probleem is nie of WIL julle nie verstaan nie, dis deel van hulle beleid van werkskepping en dit gaan nie ophou nie. Misdaad is ‘n werk! Jammer dis waar, nie bereid nie. Plaas dit ek daag julle uit.

JJEls ·

Die vrou praat twak. Sy is die Nasionale Polisiehoof, dus is sy ook hoof van haar familielede in die polisie. As sy dit ontken soos ek aflei van die berig, verstaan sy nie haar posisie en pos nie. En dit is skrikwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.