Phiyega verander polisie-struktuur

Riah Phiyega

Riah Phiyega

Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Donderdag gesê strukture in die polisie se misdaadintelligensie-eenheid is verander.

Sy het gesê die stappe is gedoen om die eenheid ʼn uiters gefokusde eenheid te maak om sy kernmandaat behoorlik uit te voer. Die eenheid se mandaat is om misdaadinligting te versamel en misdaadpatrone te analiseer, in noue samewerking met ander departemente in die polisie.

Na deeglike oorweging oor die werking van die misdaadintelligensie-eenheid en beskerming- en sekuriteitdienste afdelingsraad, het sy besluit om die strukture te verander en “skoon te maak”.

“Deur die afdelingsraad te skei, kan daar gefokus word op beter bevel en beheer in albei eenhede. Dit sal uiteindelik tot meer doeltreffende polisiëring lei. Dit het ook tot gevolg gehad dat die misdaadintelligensie-eenheid beter saam met ander departemente kan werk.”

Die misdaadintelligensie-eenheid en beskerming- en sekuriteitdienste afdelingsraad is reeds in 2013 in verdeel, naamlik die misdaadintelligensie- en beskermingseenheid, en sekuriteitsdienste. Die amptelike skeiding is nou in sy implementeringsfase.

Sy het gesê die polisie sal steeds nuwe en verbeterde benaderings te oorweeg om te verseker dat die mense van Suid-Afrika veilig is en veilig voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zet ·

Nee wat, ek het doodeenvoudig geen vertroue in die SAPD nie. Ons as individue is aan ons eie lot oorgelaat om onsself en gesinne te beskerm, en ten spyte van alle sekuriteitsmaatreëls wat in plek gestel is, is blankes steeds die teiken vir moord.

anita ·

Die hele polisie diens moet onder toesig van verkose persone uit alle verskillende groepering van ons samelewing verander word. Dit is angswekkend dat soveel polisie betrokke is by kriminaliteit. Die vraag is? wie het die persone gekeur vir aanstelling in die Polisiediens? wat is die skool kwalifikasies?
hoe lank was die opleiding veral met wapens, soms wil dit voorkom of die wapen kursus nie bygewoon was nie!

Daar is weinig vertroue in die Polisie, deur die verotte appels moet die “Goeie eerbare Polisie”
aan gekyk word met dieselfde minagting van die publiek. ‘n Polisieman moet geroepe wees om
sy/haar bydrae aan ‘n beter sameleweing te lewer. Daar is weinig polisie persone die hierdie
karakter openbaar.

Ons wil graag weet, wanneer die Polisiemanne gevang word vir bedrog ens. word hulle uit die diens
ontslaan met ‘n goue handdruk? of word alles afgeneem?

Jammer maar die minister se veranderinge kan nie eensydig geskied nie.

Henk Venter ·

Vervang eers AL die lede van die publiek wat NOOIT polisie opleiding gekry het nie, en nou in hoe rang poste sit met opgeleide en gekwalifiseerde polisiebeamptes. Tweedens raak ontslae van al die Zuma aanstellings sodat korrupsie in die polisie op ‘n einde kan kom en derdens stuur AL die unie lede wat so graag politiek wil speel na politieke partye en raak ontslae van hulle uit die polisie uit!! Lei dan dit wat oor is in die polisie behoorlik op en bevorder mense volgens kwalifikasies tesame met ondervinding en NIE op grond van ras nie!! Maak polisie stasies verteenwoordigend van die inwoners van daardie spesifieke dorp en maak seker die polisiebeamptes BLY in daardie dorp. Dan gaan jy beamptes he wat OMGEE vir wat in die dorp aangaan en BELANGSTEL om misdaad te voorkom en op te los. En laastens LEER die polisiebeamptes dat hulle PRIMERE taak volgens wet is om misdaad te voorkom en NIE om met staatsvoertuie weeklikse inkopies in die winkelsentrums te gaan doen en staatsvoertuie as taxis te gebruik NIE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.