Phosa: ‘Hou op apartheid blameer’

Mathews Phosa. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mathews Phosa. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, sê dit is tyd vir die regering om die land se toekoms daadwerklik te vorm en op te hou om die verlede te blameer.

Phosa het tydens ʼn toespraak by die Ahmed Kathrada-konferensie in Sandton gesê die regering moet ophou om die verlede, apartheid, ras en ander faktore te blameer vir hul foute. “Kom ons begin deur seker te maak dat elke rand van die publiek se geld wat spandeer word ʼn tasbare impak op ontwikkeling en die opheffing van ons mense het.” Hy sê korrupsie en ʼn gebrek aan dienslewering is ernstige bekommernisse. “As ons nie daarin kan slaag om die inkomstegaping aan te spreek en armoede te verlig nie gaan daar ander gevolge wees. Ons sal voortdurend ʼn onstabiele samelewing wees met uitbarstings van tyd tot tyd en groeiende ontevredenheid onder die kiesers oor diegene wat hulle voor gestem het.” Phosa sê talle lede van die ANC is al van korrupsie aangekla en dat hulle die party in oneer gebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hannetjie ·

Give that man a Bells Mathews Phoza is uiteindelik besig om daardie grys goed tussen sy ore te gebruik. Miskien sal die regering minder vingerwys en daadwerklik die probleme van die land aanpak. Hul sal net eers al die korupte amptenare in die prartytjie opsesiewe paralement kry . Minder geld spandeer om partytjies te organiseer en meer aan die burgers van die land en die probleme wat hul elke dag mee sukkel

Elize ·

Ek voel dat Zuma moet gaan,en Mathews Phosa Presedent word.Hy kan immers hierdie land regruk.Ek is nie n ANC lid nie,maar my gesonde verstand stem saam met Mathews Phosa.

Wessel van Vuuren ·

Omrede Matthews Phoza “commen sence” praat en luister na wat mense sê, is dit die rede waarom die anc (nie die moeite werd om anc in hoofletters te skryf nie) nie veel van hom hou nie. ‘n Vriend van my wat dikwels met Matthews in aanraking was toe hy nog premier van Mpumalanga was, het gesê dat Phoza se kantoor altyd oop was as hy ‘n afspraak met hom gemaak het en dan het hy geluister wat jy wil sê en werk probeer maak daarvan maar is baie gemuilband deur die anc.

Meisie ·

Mathews Phosa for President!!! Ons land het iemand soos hy nodig!! GOns kan nie aan die land se toekoms begin bou, voordat die verlede is waar hy hoort nie , in die verlede. Ons kan nie die land se toekoms bou op dit wat al gebeur het nie. Die anc sal nooit vir die land `n goeie toekoms kan bied , as daar te veel van hulle is wat die heel tyd die verlede voor almal se koppe gooi nie. Die jongmense van vandag , is die land se toekoms, en die meeste van hulle was nie eers daar toe al die ““ slegte dinge“ gebeur het nie, maar dit word in hulle kele afgedruk en hulle word opgesweep teen die verlede en oorgedra in die hede!! Dit is hoog tyd dat iemand begin opstaan en verklaar ,,,,,, dit is nou genoeg , beweeg aan!!!!!!!1

Jasper ·

Die enigste eilandjie in die groot oseaan. Moet dit nou asb. nie daar laat nie mnr. Phoza.

Roelien Fourie ·

Dit is nie apartheid wat skuld moet kry nie, maar eerder kultuur verskille!!!

Eben ·

Mathews Phosa wat my bekommer, het jy al verhoog gedeel met malema? Was jy nie een van die ouens wat sy optrede(s) goed praat en ondersteun? Ek vra net ……

Adriaan de Lange ·

wens ek kan hom vertel hoe vinnig jou dienste beindig word as jy vrae vra in ‘n regerings afdeling oor dat daar nie aan GAAP voldoen word nie!

Erika ·

Mathews Phosa. Give that man a BELLS!! Eindelik iemand wat sin praat.

Isabel van Tonder ·

Uiteindelik iemand wat die lig sien…!!! Give that man a Bells!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.