Pianis vrygespreek oor “geraasbesoedeling”

Laia Martin

Laia Martin

‘n Video van een van Laia se uitvoerings volg onderaan die berig. Laia Martin, ʼn 27-jarige professionele pianis van Spanje is vrygespreek op aanklagte van geraasbesoedeling en dat sy sielkundige skade vir ʼn buurvrou veroorsaak het.

Martin en haar ouers is Dinsdag in die hof in noordoostelike Girona vrygespreek op albei aanklagte.

Die hofsaak het vroeër opslae gemaak toe die staatsaanklaers aangedring het op gevangenisstraf van sewe jaar. Hulle het dit later na 20 maande verminder.

Sonia Bosom, Martin se buurvrou wat bo haar bly, het gekla dat die pianis tussen 2003 en 2007 vyf dae per week, agt ure per dag geoefen het.

Die hof het gesê Bosom se aanklagte is ongeloofwaardig en dat sy oordryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

In Spanje kry hulle langer tronkstraf vir klavier oefen as wat hulle in SA kry vir moord!

Nico ·

Gevangenisstraf vir klavier oefen is belaglik. Maar tog, my kinders neem musiek en om dieselfde liedjie oor en oor te hoor dag vir dag. Ek het simpatie met die mense in die woonstel langsaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.