Pick n Pay gaan wins skenk; talle winkels sluit vir begrafnis

Argieffoto

Argieffoto

Pick n Pay sal Sondag se wins uit sy verkope aan liefdadigheidsorganisasies skenk ter ere van voormalige pres. Nelson Mandela.

“Dit is ‘n positiewe veldtog, en dit bring hulde aan Nelson Mandela en bevoordeel diegene vir wie hy lief was,” het Isaac Motaung, direkteur van menslike hulpbronne by Pick n Pay, gesê. “Ons het met ons personeel op winkel- en administratiewe vlak en ook met ons klante gepraat.”

Die Jong Kommuniste-liga van Suid-Afrika en die SA Commercial, Catering and Allied Workers’ Union (Sacawu) het versoek dat Pick n Pay geboikot word, aangesien die winkel nie sy deure Sondag vir Mandela se begrafnis wou sluit nie.

Richard Brasher, hoof uitvoerende beampte van Pick n Pay, het gesê die groep het besluit om sy deure vir die dag van Mandela se begrafnis te sluit, maar dit is meer prakties en tot voordeel van mense se lewens om die wins te skenk. “Die winkels sal Sondag slegs beman word deur personeel wat vrywillig aangebied het om te werk,” het Brasher gesê.

Checkers, die JD Group, Edcon, Virgin Active-gimnasiums,Woolworths, Clicks, Builders Warehouse, Builders Express, Builders Trade Depot, Builders Superstore, CBW, Cambridge Food, DionWired, Game Stores, Jumbo Cash and Carry, Makro, en Rhino Cash and Carry is van die winkels wat Sondag gesluit sal wees. Spar-winkels word elkeen onafhanklik bestuur en die besluit rus by die bestuurder of die winkel gesluit gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eksenet ·

wie gaan nou eintlik daarby baat? Beslis nie die behoeftiges vir wie dit eintlik bedoel is nie, iemand gaan weer hier met ‘n vet beursie na Sondag uitstap.

Fred van Zyl ·

Die mense verafgod vir Mandela. Om nou ‘n
bohaai opteskop en winkels te wil sluit oor hy dood is, is verafgaande.
Sondae is in die algemeen ‘n christelike rusdag. En selfs dit word nie eerbiedig vir wat dit is nie. Mandela was net ‘n mens. Respekteer eerder Christus en sy bevele deur sondae toe te wees. En wat van die Christelike vakansie dae. Kers dag en paas naweek.
Hou op om mense te verafgod en spits eerder respek na daar waar dit hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.