Pienk pantoffels bring toe gróót moeilikheid

Lt.kol. Ruth Ndayi met haar skelpienk pantoffels

ʼn Kolonel in die Suid-Afrikaanse Lugmag is in Brooklyn-winkelsentrum in Pretoria afgeneem in volle uniform, met skelpienk pantoffels.

Beeld berig dat tugstappe nou teen lt.kol. Ruth Ndayi gedoen sal word. ʼn Mede-offisier het oorspronklik die foto van Ndayi geneem en dit aan die lugmag vir kommentaar gestuur. Sy moes gevolglik Donderdag vir ʼn tugproses oor kantoorhouding voor lt.genl. Carlo Gagiano, hoof van die lugmag, verskyn het. Al die lugmag se hoofdirekteure is ingeroep om deel van dié proses te wees. Ndayi het glo wel ’n uur vroeg vir die afspraak opgedaag, maar is aangesê om op die gegewe tyd op te daag, wat toe nie gebeur het nie.

Die foto is ook op Facebook gepubliseer waar kollegas en voormalige militêre personeel hul misnoeë daaroor uitgespreek het. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Lugmagunie sê dit is onaanvaarbaar vir ʼn soldaat om die hele lugmag se naam skade te berokken weens ongedissiplineerde gedrag.

Ndayi is ʼn inligtingsoffisier in die lugmag. Sy werk by die weermag se afdeling vir gesamentlike operasies in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.