Pienk SA-diamant haal wêreldrekordprys

Die Pienk Ster

Die Pink Star

‘n Pienk Suid-Afrikaanse diamant, ‘n vleklose knewel van 59,6 karaat, is in Genève vir ‘n wêreldrekordprys van $83,2 miljoen verkoop.

Die diamant, die Pink Star, het sedert dit in 1999 deur De Beers op ‘n onbekende plek in Suid-Afrika gemyn is, legendariese status bereik. Sy geskiedenis word byvoorbeeld haarfyn deur Wikipedia bygehou. Dit het bykans ‘n 100 miljoen trefslae op Google.

Pienk diamante is skaars, maar nie so skaars so die oranje variant nie,  waarvan nog ‘n Suid-Afrikaanse diamant die vorige dag tydens ‘n veiling ‘n wêreldrekordprys per karaat behaal het.

Die intreeprys by die veiling was $60 miljoen, en Sotheby’s het verwag dit sou net meer as $61 miljoen haal.

Die agent wat namens die ongenoemde koper gebie het, wou ook nie eens sy eie naam bekend maak nie.

Lees ook:
Suid-Afrikaanse skaars “vuurdiamant” haal meer as R300 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.