Piepklein Higgs-boson skep groot Nobelprys-koprapper

Peter Higgs. Foto: AP

Peter Higgs. Foto: AP

Die ontdekking van die Higgs boson-partikel, het nou ‘n vreemde gevolg vir die komitee wat die Nobelprys vir fisika toegeken het.

Vir die eerste keer is die prys toegeken aan persone wat slegs die teoretiese deel van iets ter tafel gelê het, toe Francois Englert en Peter Higgs saam as wenners aangewys is. Hulle het vyftig jaar gelede in teorie bepaal dat die deeltjie moet bestaan.

Sonder die bestaan van hierdie deeltjie sou materie nie oor massa kon beskik nie en sou dit teen die spoed van lig deur die heelal vlieg.

Die bestaan is eers verlede jaar deur twee internasionale spanne fisici gevind deur die groot Hadron Collider in die Alpe in te span.

Dit het onmiddellik die deur oopgelaat dat die fisiese ontdekking van die Higgs boson tot ‘n volgende Nobelprys vir Fisika sou kon lei, maar in die verlede was daar hoogstens drie ontvangers vir ‘n kategorie na die Nobelprys, soos vanjaar met die Nobelprys vir die mediese wetenskap gebeur het.

Die twee spanne wat die Higgs Boson fisies ontdek het, het egter elk uit 3 000 lede bestaan, en dit is baie moeilik om enige van die spanlede uit te sonder, sonder om die ander te na te kom.

Intussen het Higgs aangedui dat hy “oorweldig” is deur die toekenning.

Engelert se kollega, Robert Brout, is reeds in 1964 oorlede, lank voor bewys kon word dat dié deeltjie wel bestaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.