Pierneef-skildery verdwyn ná Aardklop

Die Pierneef-skildery wat vermis word. Foto: OFM

Die polisie in Noordwes ondersoek tans die verdwyning van ‘n waardevolle Pierneef-skildery uit ‘n museum in Potchefstroom.

Die skildery het uit die Totius-museum op die hoek van Molen- en Esselenstraat verdwyn net ná die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aan die begin van Oktober, berig OFM. Vanessa van der Westhuizen, ‘n werknemer van die museum, het op 9 Oktober agtergekom dat die skildery vermis word.

Een van Pierneef se skilderye, Die Kremetartboom, is in 2008 by ‘n kunsveiling in Londen vir R11,8 miljoen verkoop.

Enigiemand met inligting oor die skildery kan met Vanessa van der Westhuizen by 018 299 5047 of 071 331 7029 in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.