Pierre Korkie leef sê bron

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Pierre Korkie, wat deur Al-Kaïda millitante in Jemen ontvoer en as gyselaar aangehou word, is steeds lewendig, het ʼn regeringsgesinde burgermagleier aan AFP gesê.

Korkie is in Mei saam met sy vrou, Yolande, in Taiz in Jemen ontvoer. Yolande is verlede maand vrygelaat. Die ontvoerders het vroeër gedreig om Korkie om die lewe te bring indien hulle nie ʼn losprys van R32 miljoen betaal word nie. Die aanvanklike sperdatum was 17 Januarie en die ontvoerders het dit later na 8 Februarie verleng. “Die Suid-Afrikaner wat deur Al-Kaida ontvoer is, is lewendig en word in die Al-Mahfad-streek aangehou,” het Hussein al-Wuhayshi aan AFP gesê. Wuhayshi het volgehou dat sy inligting bevestig is en dat millitante steeds die losprys eis. Hy kon egter geen verdere besonderhede gee nie.

Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers het Donderdag gesê hulle het nog nie weer ʼn woord van Korkie se ontvoerders gehoor nie.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.