‘n E-pos wat die rondte doen waarin mense gewaarsku word om vir die volgende drie weke nie piesangs te eet nie, is ‘n e-pos-‘grap’.
‘n E-pos om uit te wys dat die waarskuwing fiksie is, is al op 25 November uitgestuur. Die KwaZulu-Natalse Landbouvereniging, Kwanalu, het twee dae tevore ‘n verklaring uitgereik om die e-pos se inhoud die nek in te slaan.
Volgens die ‘grap’ is die piesangs in KwaZulu-Natal met ‘n vleisetende bakterie besmet wat ‘n groot duik in die apebevolking in die streek gemaak het.
Dié e-pos het (soos gebruiklik) in die VSA ontstaan toe mense teen piesangs uit Costa Rica gewaarsku is.