Pietermaritzburg-man brand dood

vuurʼn 30-jarige man is Maandagaand in sy blyplek naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, dood in ‘n brand.

“Die man het in ‘n kamer agter sy snoepwinkel gebly toe ‘n brand in die gebou uitgebreek het,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, Dinsdag gesê.

Volgens Jackson het die man se gesin hom Dinsdagoggend gaan soek. By die winkel aangekom het hulle gesien daar is tekens van ‘n brand. Die winkel se deure was gesluit.

Die polisie en paramedici het die man se blyplek oopgebreek en op die man se verkoolde liggaam afgekom. “Die man is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.

Die polisie ondersoek die voorval. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Wonder van wat het die brand ontstaan?
Hoef seker nie te spekuleer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.