Pietermaritzburg-storm saai chaos

Foto: @gavine2009 op Twitter

‘n Storm wat Sondag omstreeks 17:00 oor Pietermaritzburg in Kwazulu-Natal gewoed het, het paramedici van die omgewing laat bontstaan.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê verskeie paaie was versper nadat bome tydens die storm omgewaai en in die strate geval het. “ʼn Man van Kwamphumuza is ook beseer nadat ʼn muur op hom geval het. Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.