Pikitup kla koerant aan van diefstal

Amanda Nair, Pikitup se besturende direkteur.

Pikitup, die maatskappy wat deur die Johannesburgse munisipaliteit gekontrakteer word om die stad se vullis te verwyder, het ʼn klagte van diefstal teen The Star-koerant gelê. Pikitup beweer die koerant het ʼn dokument bekom wat “onwettig” in die koerant se besit is, het The Star Donderdag berig.

Die koerant het artikels publiseer oor beweerde ongerymdhede en onreëlmatige aktiwiteite met Pikitup se tenders. Die feite is glo baseer op ‘n forensiese oudit deur Ernst & Young, wat na bewering deur die publikasie bekom is.

Makhudu Sefara, die koerant se redakteur, het gesê twee polisiebeamptes van die Hillbrow-polisiestasie het Woensdag by The Star se kantore opgedaag en gesê hulle doen ʼn voorlopige ondersoek nadat Amanda Nair, Pikitup se besturende direkteur, ʼn aanklag aanhangig gemaak het.

Volgens Sefara kon die beamptes nie inligting verskaf oor watter dokumente daar na verwys word nie en hulle was vaag oor die aantygings.

“Die polisiebeamptes wat hier aangekom het, was hopeloos onvoorbereid. Hulle kon nie vir my sê waar, wanneer en deur wie die sogenaamde dokument gesteel is nie,” het Sefara gesê.

ʼn Versoek om die dokumente terug te besorg aan Pikitup is by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien, en die koerant staan die versoek teen.

The Star het in Junie berig Nair het na bewering ʼn tender aan ʼn maatskappy toegestaan wat glo betrokke is by bedrog. Pikitup se bodtoekenningskomitee het glo die besluit bevraagteken en was daarteen gekant.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.