Pikitup-werkers staak nie, hulle sing glo net

Argieffoto

Werknemers by die vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, gaan glo nie staak nie, maar bloot ‘n vergadering hou en buite die maatskappy se hoofkantoor sing.

“Daar is ‘n misverstand by bestuur, wat gesê het dat die werkers staak. Hulle het ‘n vergadering met die vakbond gehad en het later buite die gebou gesing,” het Tahir Sema, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (SAMWU), gesê. Meeste van die werknemers sal na hul poste terugkeer. “Ons sal poog om die kwessies met bestuur so gou as moontlik uit te sorteer. Indien bestuur instem, sal ons binne die volgende paar weke weer vergader om die werknemers se regmatige bekommernisse te finaliseer.”

Pikitup het vroeër Maandag gesê dat slegs ‘n klein aantal van hul werkers vir werk opgedaag het.

Werkers se griewe sluit die toepassing van biometriese toegangsbeheer, asemklikkertoetse vir bestuurders, en vervoer van werknemers in. Klik hier om meer te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.