Die vragmotorbestuurder Sanele Goodness May, ʼn 23-jarige man van Swaziland wat Donderdagaand die dood van 22 mense veroorsaak het, het vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.
May het begin huil toe hy vanoggend in die hof verskyn het. Die hofsaal was volgepak met joernaliste en fotograwe wat sy foto wou neem, berig SAPA.
May is Vrydag in hegtenis geneem en staan tereg op 22 aanklagte van moord en een van roekelose en nalatige bestuur.
Hy was aanvanklik van strafbare manslag aangekla, maar die nasionale vervolgingsgesag het Maandag bevestig dat die aanklagte na moord opgradeer is.
Die saak is tot 16 September uitgestel. May gaan in die polisie se aanhouding bly tot dan. Landdros Wendolynn Robinson het gesê die volgende hofverskyning sal vlugtig wees en dat ʼn formele borgtogaansoek op 18 September gaan plaasvind.
May se prokureur, Theasen Pillay, het bevestig dat hy deur Sagekal Logistics aangestel is om May te verteenwoordig. Sagekal Logistics is die maatskappy waaraan die vragmotor behoort.
Lees ook:
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
1…22…50…wat maak dit saak. Die uitslag bly dieselfde.
Hoe hy ookal gaan lieg, van nie remme, tot jaag oor rooi robort hy is skuldig en gaan sit. Geen trane gaan hom keer om nie te sit ….. hoeveel trane het daardie mense se naasbestaandes nie reeds gehuil, en nie eers van zumie gepraat almal huil!
Dis waar wat julle se! Maar het julle al daaraan gedink dat die vrag moter eienaars net so skuldig is! Hy het mos geweet hierdie man is niebevoeg om so vragmoter te bestuur nie. Toe my man vragmoters gery het, het sy virma hulle gestuur vir ‘devencive driving kursese’
Marietjie, ek stem moet jou 100% saam. Daar is soveel stories van remme wat gefaal het, die trok wat nie gelisensieerd was nie, ens. Dalk moet daar eers n deeglike ondersoek gedoen word voor ‘n formele klag gelê word. Ek het vir n maatskappy gewerk wat fleet monitoring doen en dit is die maatskappy se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle drywers opgelei is en dat die voertuie padvaardig is. Ek stem saam dat die eienaar nie in elke voertuig kan saamry nie, maar dit is waarvoor tegnologie is.
Dink hy werlikwaar sy trane gaan hom red??? Hy moet sit, en hy mag nooit weer agter ‘n stuurwiel inklim nie. Wat dan van die mense wat so aaklig gesterf het se naasbestaandes???
Moenie bekommerd wees, selfs as was hy die broodwinner nie. Hy moes gedink het wat hy doen, en aan die gevolge van sy dade gedink het.