Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla

Sanele Goodness May

Sanele Goodness May

Die vragmotorbestuurder Sanele Goodness May, ʼn 23-jarige man van Swaziland wat Donderdagaand die dood van 22 mense veroorsaak het, het vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

May het begin huil toe hy vanoggend in die hof verskyn het. Die hofsaal was volgepak met joernaliste en fotograwe wat sy foto wou neem, berig SAPA.

May is Vrydag in hegtenis geneem en staan tereg op 22 aanklagte van moord en een van roekelose en nalatige bestuur.

Hy was aanvanklik van strafbare manslag aangekla, maar die nasionale vervolgingsgesag het Maandag bevestig dat die aanklagte na moord opgradeer is.

Die saak is tot 16 September uitgestel. May gaan in die polisie se aanhouding bly tot dan. Landdros Wendolynn Robinson het gesê die volgende hofverskyning sal vlugtig wees en dat ʼn formele borgtogaansoek op 18 September gaan plaasvind.

May se prokureur, Theasen Pillay, het bevestig dat hy deur Sagekal Logistics aangestel is om May te verteenwoordig. Sagekal Logistics is die maatskappy waaraan die vragmotor behoort.

Lees ook:
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Hoe hy ookal gaan lieg, van nie remme, tot jaag oor rooi robort hy is skuldig en gaan sit. Geen trane gaan hom keer om nie te sit ….. hoeveel trane het daardie mense se naasbestaandes nie reeds gehuil, en nie eers van zumie gepraat almal huil!

Marietjie ·

Dis waar wat julle se! Maar het julle al daaraan gedink dat die vrag moter eienaars net so skuldig is! Hy het mos geweet hierdie man is niebevoeg om so vragmoter te bestuur nie. Toe my man vragmoters gery het, het sy virma hulle gestuur vir ‘devencive driving kursese’

JAVR ·

Nee jammer Marietjie, hier stem ek nie saam nie. Die vragmotor eienaar was nie saam met hom in die trok nie. Die enigste manier wat hy gaan weet die knaap is onbevoeg is wanneer mense inbel om hom te rapporteer. Die eienaar kan nie met elke trokbestuurder saam ry om te kyk hoe hulle hulself gedra nie en hulle kan so lieg dat enige persoon hulle sal glo. Dit is die drywer se verantwoordelikheid wat hier gebeur het. As ek die eienaar was so ek nie eens my prokureur tot sy verdomde beskikking geplaas het nie!

Jeanette ·

Marietjie, ek stem moet jou 100% saam. Daar is soveel stories van remme wat gefaal het, die trok wat nie gelisensieerd was nie, ens. Dalk moet daar eers n deeglike ondersoek gedoen word voor ‘n formele klag gelê word. Ek het vir n maatskappy gewerk wat fleet monitoring doen en dit is die maatskappy se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle drywers opgelei is en dat die voertuie padvaardig is. Ek stem saam dat die eienaar nie in elke voertuig kan saamry nie, maar dit is waarvoor tegnologie is.

Amy ·

Dink hy werlikwaar sy trane gaan hom red??? Hy moet sit, en hy mag nooit weer agter ‘n stuurwiel inklim nie. Wat dan van die mense wat so aaklig gesterf het se naasbestaandes???

Moenie bekommerd wees, selfs as was hy die broodwinner nie. Hy moes gedink het wat hy doen, en aan die gevolge van sy dade gedink het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.