Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof

Foto: Arrive Alive/Twitter

Foto: Arrive Alive/Twitter

Die vragmotorbestuurder wat onlangs in vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal ingeploeg en die dood van 23 mense veroorsaak het, verskyn Maandag weer in die dorp se landdroshof.

Sanele Goodness May (23) van Swaziland is op 6 September in hegtenis geneem op 22 aanklagte van moord, asook ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur. Landdros Wendolynn Robinson het die saak tot Maandag uitgestel en het gesê May se amptelike borgtogaansoek sal op 18 September aangehoor word.

Maroela Media het oor die naweek berig nog ʼn persoon het in die hospitaal aan sy beserings beswyk en dat die amptelike dodetal nou 23 is.

Theasen Pillay, May se regsverteenwoordiger, is deur Sagekal Logistics aangestel om hom te verteenwoordig. Die swaarvoertuig behoort Sagekal Logistics.

Lees ook:
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.