Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog

Foto van die ongeluk

Foto van die ongeluk

Die vragmotorbestuurder wat onlangs in vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal ingeploeg en die dood van 23 mense veroorsaak het, verskyn Woensdag weer in die Pinetown-landdroshof waar hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Sanele Goodness May (23) van Swaziland is op 6 September in hegtenis geneem op 23 aanklagte van moord, asook ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur. Tydens sy vorige borgtogverskyning het sy prokureur, Louis Barnard, vir uitstel gevra en gesê sy verdediging “wou ‘n paar voorlopige kwessies uitklaar”.

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

DIE EIENAAR MOET SAAM MET MAY IN DIE BESKULDIGDEBANK STAAN. DIE WET MOET SO HERSKRYF WORD SO DAT DIE EIENAAR OOK AAN DIESELFDE KLAGTES ONDERHEWIG IS EN INDIEN DAAR N SKULDIG BEVINDING IS, SAL DIE EIENAAR OOK SKULDIG WEES AAN DIESELFDE KLAGTES EN STRAF MOET UITDIEN.

DIE REDE IS DAT VRAGMOTOR EIENAARS MET MOORD WEGKOM, TROKKE IS NIE PADWAARDIG EN BESTUURDERS NIE OP GEWASSE OM DIE MONSTERS TE BESTUUR NIE.

VERDER MOET DIE WET VOORSIENING MAAK DAT TROK BESTUURDERS N MINIMUM VAN 8 URE RUS KRY EN TROKKE VIR BEPAALDE TYE VAN DIE DAG/NAG NIE OP DIE PAD SAL WEES NIE.

Eben ·

Piet … met respek stem ek nie saam. Die eienaar(s) kan nie pa staan as die drywers so onverskuldig bestuur. Hy is nie saam hom in die trok. Agter elke trok is telefoon nr wat mens kan skakel as die voertuig nie ‘reg’ bestuur, hoeveel van ons skakel wel daardie nr! Ek glo ons moet neer betrokke wees en die eienaars skakel en noem sy trok(ke) bestuur so-en-so dat ons die vilgoed van die pad kry. As trokke stop om ry geleentheide aan te bied, skakel die eienaars en vra is dit reg dat sy drywer n passesier opgetel het. Glo my dit sal vinnig opeinde kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.