Pinetown-ongeluk: Bestuurder hoor vandag oor borg

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Die vragmotorbestuurder wat 24 mense se dood veroorsaak het nadat sy swaarvoertuig teen vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal gebots het, sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof hoor of hy op borg vrygelaat kan word.

Sanele Goodness May (23) van Swaziland het verlede Woensdag in die Pinetown-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Die staat staan die aansoek teen.

May is op 6 September in hegtenis geneem op 23 aanklagte van moord, asook ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur. Altesaam 22 mense is op die ongelukstoneel op die hoek van Field’s Hiill (M13) en Rishmondweg in Pinetown, dood verklaar. Die 23ste persoon het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Dit het egter Woensdag aan die lig gekom dat nog ʼn persoon verlede week gesterf het, wat die dodetal op 24 bring, waarvoor May tereg staan.

Louis Barnard, May se prokureur, het verlede week in die hof aangevoer dat die moordaanklagte teen May nie sal staan nie. Hy het verwys na die saak van Jacob Humphrey, ʼn taxibestuurder in die Wes-Kaap. Humphrey is aangekla op 10 aanklagte van moord nadat hy verby ʼn ry voertuie gery en verby versperrings by ʼn treinspoor gejaag het. ʼn Trein het die taxi getref en 10 kinders is in die botsing dood. Hy is van moord aangekla, maar die appèlhof het dié aanklagte van die hand gewys en hom van strafbare manslag aangekla en gevolglik sy 20 jaar tronkstraf na agt jaar verminder.

Barnard het gesê om May aan moord skuldig te bevind, sal hulle moet kan bewys dat hy daardie aand selfmoord wou pleeg.

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.