Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Die hof het vandag gehoor die vragmotorbestuurder wat 24 mense se dood veroorsaak het nadat sy swaarvoertuig teen vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal gebots het, het ʼn vervalsde openbarevervoerlisensie.

Sanele Goodness May (23) van Swaziland het Woensdag in die Pinetown-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Die staat staan die aansoek teen.

Speurder Sanjeev Singh het in die hof getuig dat beamptes van Swaziland se departement van vervoer bevestig het dat May se lisensie daar vervals is. Singh het gesê May het ‘n Suid-Afrikaanse rybewys bekom op grond van die vervalsde Swazilandse openbarevervoerlisensie.

Volgens Singh is die sertifikaat wat in May se besit is, en waarop sy naam verskyn, eintlik dié van ene Nkosinathi Dladla. “Dit beteken dat May se dokumente vervals en onwettig is,” het Singh gesê.

May is op 6 September in hegtenis geneem op 23 aanklagte van moord, asook ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur. Altesaam 22 mense is by die ongelukstoneel op die hoek van Field’s Hill (M13) en Richmondweg in Pinetown, dood verklaar. Die 23ste persoon het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Dit het egter Woensdag aan die lig gekom dat nog ʼn persoon verlede week gesterf het, wat die dodetal tot op 24 te staan bring, en waarvoor May tereg staan.

Die hof het ook aangehoor dat May onwettig in die land is en nie ʼn werkspermit het nie.

Die saak duur voort.

– SAPA

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Hierdie vooval bewys net weer dat daar hoegenaamd geen beheer oor onwettige immigrante in ons land is nie. Hy het waarskynlik ook ‘n vervalste onwettige identiteitsdokument waarvoor die ANC ook ‘n blinde oog gaan draai want daarmee kan hy as kieser registreer en volgende jaar vir die ANC stem. Ek wonder net hoeveel duisende ander daar nog is wat in dieselfde posisie is as die man

H J Bester ·

Die meeste korrupsie en bedrog vind in Afrika plaas en tog is hier die minste wette en regulasies van toepassing om dit te bekamp. Verder lyk dit asof die ANC-regering gemaklik met hierdie toedrag van sake saamleef en is selfs die wetstoepassing en howe al so verwater dat daar weinig gedoen word om hierdie misdaad te keer.

Paul Smith ·

“Ek” het jy nie ‘n regte naam nie, of is jy skaam oor wie jy is? Ek verstaan jou skimp, hoop net nie jy gaan dalk voor sy groter voertuig beland nie.

Berita Drescher ·

Korrupsie seëvier…..anargie is die orde van die dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.