Die landdroshof in Pinetown het Dinsdag uitspraak gelewer oor die borgtogaansoek van die vragmotorbestuurder wat vir 24 mense se dood in die dorp verantwoordelik was.
Landdros Wendolyn Robinson het bevind dat die bestuurder, Sanele Goodness May (23), se borgtog geweier word. Robinson het gesê May, van Swaziland, is onwettig in Suid-Afrika. “Om hom borg toe te staan op die voorwaarde dat hy in Suid-Afrika bly vir die hofsaak, sal beteken dat die hof sy verblyfreg wettig maak,” het Robinson gesê. Sy het gesê howe is nie by magte om dit te doen nie.
Die staat het die borgtogaansoek teengestaan en vir die afgelope twee weke aangevoer dat daar ʼn sterk moontlikheid bestaan dat May ʼn vlugrisiko is. Die staat het ook aangevoer dat hy vir sy eie veiligheid aangehou moet word.
Lous Barnard, May se prokureur, het aangevoer dat May van strafbare manslag aangekla word, en nie moord nie. Hy het voorgestel dat May in sy oom se sorg vrygelaat word en dat beide sy oom en die Swaziland se Hoë Kommissaris sou help om te sorg dat hy terugkeer vir sy verhoor.
Robinson het gesê indien May teruggestuur word na Swaziland, sal die hof geen jurisdiksie oor sy borgvoorwaardes hê nie. “Dit is ook duidelik dat hy tussen Suid Afrika en Swaziland beweeg het, sonder om van grensposte gebruik te maak.” Sy het verder gesê buiten ʼn niggie het May geen familie of bates wat hom in die land sou hou nie.
May gaan in aanhouding bly en sal op 27 November hoor wanneer sy moordverhoor begin. -SAPA
Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Bestuurder hoor vandag oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk
Sluit hom toe, en gooi die sleutel weg.
Gee hom ‘n groter voertuig