Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk

Foto: Arrive Alive/Twitter

Foto: Arrive Alive/Twitter

Terwyl sy werknemer, Sanele Goodness May vandag weer in die landdroshof in Pinetown verskyn het, het die eienaar van die vragmotor wat vroeër vandeesmaand in ’n gru-ongeluk vir die dood van 23 mense in Pinetown verantwoordelik was, gevra dat Suid-Afrikaners kalm moet wag vir al die ondersoeke oor die ongeluk om afgehandel te word.

Gregory Govender, wat al vir twaalf jaar sy eie logistieke besigheid bedryf, het in ’n verklaring gesê hy is afgeraai om die ongelukstoneel op 6 September te gaan besoek en het sedert die ongeluk al talle doodsdreigemente ontvang. “Sedert ek van die ongeluk gehoor het, spook die tonele wat in die media van die ongeluk beskryf word, by my,” het Govender gesê.

Intussen staan May tereg op 23 klagte van moord en ’n klagte van roekelose bestuur. Govender het intussen bevestig dat die vragmotor se lisensie wel op 31 Augustus vanjaar verval het, maar het bygevoeg dat hy die afgelope 12 jaar nog nooit ’n boete vir ’n lisensie wat verval het ontvang het nie, aangesien hy dit nog altyd binne die grasietydperk hernu het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Ja jong, onderhou jou swaar voertuie, dan sal sulke ongelukke nie gebeur nie – dis nou te se as die remme nie gewerk het nie en as die bestuurder eerlik was.

Poppie ·

Ai ek kry die vragmotor bestuurder jammer. Nou draai sy eie baas teen hom. Die eienaar is ook verantwoordelik vir die vragmotor asook vir die bestuurder. Sommige vragmotor bestuurders jaag soos die duiwel. Hulle hou nie by die spoed van 80 km per uur nie. Want die baas het gese jy moet gou maak. Daagliks op ons paaie jaag die vragmotor bestuurders. Die eienaars moet verantwoordlikheid vat vir hul e voertuie>>>>>>

G@TVOL ·

Ek glo nie dit was die brieke nie, ek het die clip gesien,,, daai bestuurder het gejaag. Dit is ook elke drywer se verantwoordelikheid om te kyk of als reg is voor hy vertrek, dieselfde met enige een wat sy eie motor het weet dat jy jou motor moet deurgaan voor jy bestuur. As hy n fout gevind het moes hy dit raporteer het en dan sou hy bewyse gehad het. Dit was sy eie skuld en hy moet betaal daarvoor. … Na die clip wat ek gesien het, is ek baie meer versigtig by n verkeerslig, Allandale is n gevaarlike pad om te ry

Trippie ·

Ek het gister op FB gelees dat die eienaar ‘n Blanke was … nogal dit op Praag genoem vandag. Gits, nou kan ek nie eers onthou waar ek dit gepos het om dit te gaan verwyder nie !

Wilna ·

@ G@tvol, check jy elke keer jou remskoene voor jy in jou kar klim en ry? Sal nogals die moeite werd wees om dit te sien?

G@TVOL ·

Nee, maar sodra ek voel daar is iets nie gewoons nie, dan sal ek stop en kyk of ek fout kan kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.