Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof

BTbA1KyCEAApiFUDie vragmotorbestuurder wat Vrydag in hegenis geneem is nadat hy in vier volgelaaide minibustaxi’s en ʼn voertuig in Pinetown, KwaZulu-Natal in geploeg het, verskyn Maandag in die Pinetown-landdroshof.

Die bestuurder, wat as ʼn 23-jarige Swazi identifiseer is, word aangekla van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur nadat hy Donderdagaand die dood van 22 mense veroorsaak het.

Willies Mchunu, die LUR van vervoer in die provinsie, het gesê vragmotorbestuurders onderweg na Durban probeer glo gereeld om tolpaaie te vermy om geld vir hulself te spaar. “Hulle probeer die tolgeld vir hulself hou vir persoonlike redes, en ons vermoed dit is wat in dié geval gebeur het,” het Mchunu gesê.

Lees ook:
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strawberry ·

As al die vragmotors en taxis van ons paaie “verban” word sal daar beslis minder ongelukke wees. Kan nie glo hoeveel vragmotors en taxis verantwoordelik is vir ongelukke op ons paaie nie.

JAVR ·

Ek het die video gesien en hierdie drywer het GEEN plan gehad om vir daai rooi robot te stop nie! Ek glo nie eens sy voet het naby die rem gekom nie! Dis afgryslik om te sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.