Pippie dalk volgende week huis toe

Pippie Kruger en haar ma, Anice Barnard Kruger. Foto: Facebook

Isabella (Pippie) Kruger, die 3-jarige brandslagoffer van Limpopo, gaan dalk volgende week huis toe, sê ʼn chirurg.
Pippie het vroeër vandeesmaand ʼn veloorplanting ontvang met vel wat in Boston, Amerika gekloon en hierheen gevlieg is.

Sy het op Oujaarsaand verlede maand derdegraadse brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen tydens ʼn ongeluk met ʼn vuuraansteekmiddel.

“Pippie is ʼn ander klein mensie,” sê Anice Barnard Kruger, Pippie se ma, op Facebook. “Sy eet asof sy nog nooit kos gekry het nie, suig haar bottel dat die tiet sommer plat is en eet koekies en lekkertjies. Ek het haar vandag vasgehou en haar laat sit.”

Pippie was vir maande van aarvoeding afhanklik.

Dr. Ridwan Mia, die plastiese chirurg wat die operasie gedoen het, het na die operasie gesê sy is tevrede en dat meer as 90% van die nuwe vel het suksesvol geheg het. Pippie sal binnekort met fisioterapie en rehabilitasie begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.