Pippie-donasies het aanvanklik na persoonlike rekening gegaan

Pippie Kruger, dr. Ridwaan Mia en Celiwe Maseko, voor Celiwe se operasie. Foto: Facebook

Pippie Kruger, dr. Ridwaan Mia en Celiwe Maseko, voor Celiwe se operasie. Foto: Facebook

Die brandslagoffer Pippie Kruger se ma, Anice, het aanvanklik haar persoonlike bankrekening gebruik vir donasies, het Beeld Donderdag berig.

Pippie het op Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde opgedoen toe ʼn vuuraansteekmiddel in haar pa se hande ontplof en op haar beland het. Sy was toe twee jaar oud.

Op 10 Januarie was die bankbalans in Kruger se persoonlike rekening R359, 91. Sowat drie weke later, op 31 Januarie 2012 nadat donasies vir Pippie ingestroom het, was haar bankbalans R215 864.35. Dit is volgens dokumente wat in Beeld se besit is, waarin Kruger verduidelik dat sy aanvanklik haar eie bankrekening gebruik het om ʼn nie-winsgewende organisasie te bedryf. Sy sê vandat sy baie geld begin ontvang het, het sy begin strokies byhou.

Die Valke het verlede jaar gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur na beweringe dat geld wanbestuur word van Pippie se fonds, Pippie se Gesiggiefonds, wat in 2012 as ’n privaatmaatskappy gestig is. Kruger het dié beweringe ontken. Beeld berig ʼn aansoek om die maatskappy na ʼn nie-winsgewende organisasie oor te skakel, is deur die departement van maatskaplike ontwikkeling afgekeur omdat die fonds reeds as ʼn maatskappy geregistreer is.

Pippie het in Junie 2012 baanbrekerswerk chirurgie ontvang waar haar eie gekloonde vel, wat in ʼn laboratorium in Boston gekweek is, op haar wonde oorgeplant is. Sedertdien het die fonds ook betaal om vel te kweek en ʼn oorplanting te doen op Celiwe Maseko (5), van Kagiso in die Wes-Rand.

– SAPA

Lees ook:
Video: Krugers verwelkom Pippie-fonds se ondersoek
Pippie se ma ontken dat fonds misbruik word
Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eben ·

In vorige beriggewing bleik dit dat die Valke wel genoem het die geld is wanbestuur asook erkenning dat dit ook vir privaat onkostes gebruik is. Daar is ook berigte dat die ma onken dat die fonds misbruik is, wat nou? Gaan sy vervolg word?

Hoekom is die pa nooit aangekla van roekelose hantering van die betrokke brandmiddel. Daar is duidelike waarskuwing om versigtig te wees. Maar nee …. die vraag kom net op by my, was hier drank betrokke?

Wanbestuur van sulke fondse verhoed dat mense bydraes wil maak, al is dit vir watter saak!

Doortjie ·

Ek is geneig om te verskil ten opsigte van geld wat geskenk word vir n goeie doel…..ek het n groot hart en help graag, ek tel my seeninge deur terug te gee aan die wat nodig het. Ek voel so, as enig iemand geld skenk is dit geldjies wat jy vir iemand GEE!! Wat die ontvanger van die fondse doen met die geld is vir hulle om te besluit, hoekom gee mense skenkings as hulle wil self bepaal wat die ontvangers van dit daarmee moet doen, n person (ek) gee dit mos met n oop hand?? Hoekom al die beskuldigings en verwyte alewig, die belangrikste is, Pippie lewe, en sy lyk pragtig, en die volgende slagoffertjie is ook geholpe. Almal vergeet waardeur die Ouers is, en dan kry mens iemand soos Eben wat wil weet of is daar drank by betrokke? SO verskriklik onnodig om mense so seer te maak… MOET NIE AAN IEMAND ANDERS DOEN WAT JY NIE AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE NIE, al gedink hoe sou jy opgetree het Eben as dit jou pragtige dogtertjie was wat so verbrand het? Mense moet net dood eenvoudig leer om n wag voor hul monde te sit!

Eben ·

Doortjie ek het eenvoudig gevra of drank betrokke was want die man se hand is slegs verbrand en die kind wat verder van hom was is geskend. Ek sit wag voor my mond maar het die reg om te vra.

Enid ·

Ek gee ook graag al het ek min en wat die mense daarmee doen het eintlik niks met my te doen nie.want ek weet die Hemelse Vader sal verder vir my sorg.

Dave ·

Daar is perke poppie, as ek skenk skenk ek vir die kind en nie vir die ma en pa nie sodat hulle n royal lewe kan lei nie, hulle was misleidend in alle opsigte!! KOM tog BY!!

Linda ENgelmohr ·

Hierdie vrou se kind het werklik geld nodig – ek dink nie sy moet gekruisig word omdat sy in die begin haar eie bankrekening gebruik het nie, Mense moet net versigtig wees as mense vra vir insameling vir kinders waarvan niemand iets weet nie – skakel maar rond. So het ek al gebel & navraag gedoen en dan word dit bevestig dat die mense nie meer geld nodig het nie ……………… MAAR Pippie het geld nodig & “so What” as dit vir persoonlike goed gebruik word – die ma pas haar kind op, sekerlik kan sy die geld gebruik na goed denke – Ons staan nie elke dag in haar skoene nie. Baie dankie Anice dat jy nagevors het oor die veloorplantings – dink net wat is daardeur bereik – ‘n deurbraak vir Suid Afrika om brandslagoffers hier te behandel – Sy is einlik ‘n heldin wat nie NEE wou aanvaar vir haar kind nie – maaar vir haar kind geveg het. Sterkte vir julle! MWAH XXXXXXXXX hier uit Mosselbaai!

Ai-tog ·

Eben, jy is so negatief in jou lewensuitkyk, dis snaaks dat die aarde se magnetiese veld jou nog nie die ewigheid ingestuur het nie. As dit nie drank is nie dan is dit rasisme en wat ook al en so soek jy verskonings om nie tot enige verdienstelike saak n bydrae te maak nie. Van jou soort is daar baie in hierdie land.

Eben ·

Wat vir my verbasend is van jou Ai-tog dat jy my aanval onder n skuilnaam. Dus is jy onseker van jouself of moontlik n uitgevrete mens wat bang is om geein te word. Jy sal my nie glo hoe positiewe mens ek is, maar al die politieke uitsprake maak mens negatief en rassisties. So van rasisme gepraat ek het n nie-blanke seun deur die skool gesit. Matriek laat voltooi oplei in n beroep en vandag op 29jr le die wereld vir hom oop. Kan jy dieselfde se?

Lees vandag se Beeld en sien ook wat word geskrywe oor die man wat n huis by die see het. Wag tot die Valke klaar met hulle ondersoek is. Die mense het hulself verryk tov hul kind. Toe die ongeluk gebeur het hulle n guldige geleentheid gesien om ons mense se geld te bedel deur elke dag in die pers te wees.

Ek staan by my punt kla die ma aan vir wanbestuur van n kamstige fonds projek en die pa vir nalatigheid Hy kan mos nie net wegstap en huise koop by see of niks gebeur het?

” …. so soek jy verskonings om nie tot enige verdienstelike saak n bydrae te maak nie” kom met feite

june ·

Doortjie tien uit tien vir jou, ek voel presies dieselfde daaroor, wat maak dit saak wat Anice met die geld doen,ek glo sy het haar dogtertjie se belange op haar hart. Hoekom gee as jy wil weet wat daarmee gedoen word. Anice help ander kinders ook. Die geld is vir hulle gegee so hou op om haar aanhoudend te kruisig. Sy is n ma duisend en ek haal my hoed vir haar af Sterkte Anice

Dave ·

Dit maak een helse saak, as ek iets hou vir iemand is dit vir daai persoon en niemand anders nie, julle almal dink soos die Mibs, korrup en kyk waar julle ekstra geldtjie uit n tragedie kan score!! Sies man!! B

Eleen Blaeser ·

Ek is baie jammer maar AS hulle wel die geld vir ander goed gebruik het was dit verkeerd. Die geld is in goeder trou aan hulle geskenk vir die behandeling van hulle arme verbrande kindjie. Niemand weet nog of die fondse werklik wan bestuur is nie, en ook hoop regtig dit was nie. Want volgende keer sal mense twee keer dink voor hulle gee. Ek glo dat selfs mense wat dit nie werklik kon bekostig nie hulle harte en beursie vir klein Pippie oopgemaak het. Ek bewonder ook Anice se geloof en die manier waarop sy haar kindjie bygestaan het. Maar reg is reg en verkeerd is verkeerd! Die fonds moes in die eerste plek nie deur hulleself bestuur geword het nie. Ek glo nie die pa was nalatig nie. Daar het dan kort na Pippie nog n kindjie verbrand. Ek kan my nie indink waardeur hy moes gaan nie. Ja dis jammer! Hoop net die ou kindjie sal in die toekoms behandel kan word.

Dave ·

Ek se nog laat die gereg sy gang gaan, sy sal wel verantwoording moet doen as sy geld wanbestuur het, geld is n lelike ding en ek het maar in my kop wat gaan gebeur! Mense het moeite gedoen om vir Pippie voorsiening te maak nie vir die Ma en Pa om n beter lewe te lei nie, hulle moes immers gesien het die ongeluk gaan nie gebeur nie en moet nie my daai k@k kom vertel daai bottel het “ontplof” en net die pa se hande gebrand maar die kind wat 5 meter van hulle af was met 80% brande wonde gelos het nie! Dis n sieke Grap man!!

sonja harris ·

Waar kan ek aanvra vir donasies vir my dogter – sy sukkel om werk te kry sy is n posisie aangebied maar het die opleiding nodig en moet die certificate kry maar ek kan nie die debrag van R8000 vir haar gee my salaris is klein en voorsien net in die nodigste as u dalk raad het sal u my laat weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.