Pippie-fonds nie langer ondersoek nie

Pippie Kruger. Foto: Facebook

Pippie Kruger. Foto: Facebook

Die Valke het bekend gemaak dat hy nie langer gaan ondersoek instel na bewerings dat geld wat vir die maatskappy Pippie se Gesiggie ingesamel is, misbruik is nie.

“Die saak is gesluit en sal nie langer ondersoek word nie,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Pippie se Gesiggie, wat in 2012 as ’n privaatmaatskappy gestig is, word gebruik om geld in te samel vir Pippie Kruger nadat sy derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie opgedoen het toe ’n vuuraansteekmiddel ontplof het. Die ongeluk het op Oujaarsdag in 2011 plaasgevind. Pippie was twee jaar oud ten tyde van die voorval. Pippie het in Junie 2012 baanbrekerchirurgie ontvang waar haar eie gekloonde vel, wat in ʼn laboratorium in Boston gekweek is, op haar wonde oorgeplant is. Sedertdien het die fonds ook betaal om vel te kweek en ʼn oorplanting te doen op Celiwe Maseko (5), van Kagiso in die Wes-Rand.

Die Valke het verlede jaar gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur na beweringe dat Pippie se Gesissie geld wanbestuur het. ʼn Aansoek om die maatskappy na ʼn nie-winsgewende organisasie oor te skakel, is deur die departement van maatskaplike ontwikkeling afgekeur omdat die fonds reeds as ʼn maatskappy geregistreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Laurie ·

Daar is besluit om nie te vervolg nie omdat daar nie ‘n formele klag gelê is nie.
“Die NVG het gesê daar kan slegs vervolg word indien ’n lid van die publiek na vore kom en sê hy of sy is ontevrede oor die wyse waarop hul geld aangewend is,” het Ramaloko van die valke gesê.
Dus kan die ondersoek weer heropen word indien persone navore kom met klagtes.
Die strandhuis en luukse “mags”…… ai….. klink nie reg!

Amelia Verwey ·

Die storie het baie verreikende gevolge. Die wye publiek het vir die kindjie geskenk vir haar toekomstige mediese behoeftes maar gou was sy lyk my nie meer in tel nie. Die hele aangeleentheid maak beslis dat kindertjies wat regtig ernstig siek is en die ouers ernstige finansiele laste ondervind as gevolg van die omstandighede gaan voortaan maar self moet sukkel. Na die openbaring besef mens net weer hoe ons ons vertroue so maklik in iemand plaas oor simpatieke redes Valse trustfondse en Npo was voorgehou wat bedrog is en strafbaar is met tronkstraf. Geregtigheid moet maar hier geskiet en ek is bly dat die valke sal kan aangaan as iemand n klag gaan le. Die waarheid moet uit en ek dink die publiek het die reg om te weet want ons het nie net almal vir die kindjie se mediese behoeftes geskenk nie maar ook vir ander brandslagoffers!

Amelia Verwey ·

Laurie dis hoe ek dit ook in van die ander afrikaanse koerante gelees het

Jane ·

Die valke sal weer die saak heropen indien mense navore kom met klagtes! Hierdie luukse strandhuis kontant gekoop … en luukse “mags” … laat mens wonder? Het die Oupa vir sy ander kinders ook strandhuise (kontant) gekoop? Ek verstaan die oupa het 3 kinders??

Leseres ·

Feit bly staan dat die familie ryk is maar tog bly bedel het.

Amelia Verwey ·

Sou tog graag wou weet of die fonds regtig vir die Celiwe se velle betaal het en hoeveel? En as hulle wel het wat was die rede ?

Lettie Smit ·

Ek kan nie glo dat mense so kleinlik kan wees. As jy geld geskenk het vra jy nie vra agterna. Anders moes jy nie ‘n skenking gemaak het nie. Ek is seker haar ouers sal sorg dat sy nogsteeds die beste behandeling kry al het hulle van die geld gebruik. Dit laat my dink aan mense wat behoeftig was en daar is toe so nou en dan ‘n sakkie kos afgelaai deur iemand. Maar toe die behoeftige persoon vir haar en haar kind gesien word waar sy vir hulle ‘n sjokolade koop was die hel los. Hulle is dan behoeftig hoe durf hulle lekkergoed koop! Julle wat so klippe gooi, het julle iets bygedra tot Pippie se fonds? Indien nie het julle nog minder rede om klippe te gooi. Sien leef en laat leef. Julle is die tipe wat net sit en wag dat iemand ‘n voet verkeerd sit. Vee eers voor jou eie deur. Julle is ook seker die tipie wat Sondag na Sondag in die kerk sit, maar boeta wanneer jy daar uitstap is jy gereed om die klippe te gooi. Bybel onder die arm en duiwel in die agterent.

pop ·

Hierdie kla_gatte is die tipes wat geld skenk en dan vir almal daarvan vertel. Dit gaan daaroor dat almal kan se, sjoe dit is darem goeie mense. Siesa julle, God sit seker met sy gesig in sy hande, moedeloos met die mensdom se kleinlikhede. Die regter en die linkerhand mense!!!!!!!!!!!

PIET ·

Jy gee nie `n geskenk en vra dan waarvoor de gesknk aan gewend is nie. Gee met `n oop hart en hand dan sal jy te vrede wees, maar moenie klippe gooi as jy R10 geskenk het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.