Pippie: ‘Gebede het gehelp’

Pippie Kruger

Dit gaan beter met Isabella (Pippie) Kruger, die driejarige wat Oujaarsaand 2011 met vuuraansteekjel verbrand het.

“Dankie aan almal wat vir Pippie gebid het, dit is te danke aan jul gebede dat dit weer goed gaan met haar,” het Anice Barnard Kruger, Pippie se ma, gesê. Anice het ʼn beroep op die publiek gedoen om vir Pippie te bid nadat ʼn wond op haar arm nie gesond wou word nie. Lees meer hier.

Anice het Vrydag aan Maroela Media gesê Pippie se dokter, dr. Ridwan Mia, het haar ondersoek en is tevrede dat die wond goed genees. “As die wond nie gesond geword het nie, sou dr. Mia van Pippie se eie vel moes afsny om oor die wond te sit. Dit lyk darem of dit nie meer nodig gaan wees nie,” het Anice gesê. “Pippie is rustig en gesond en dit gaan baie goed met haar.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.