Pippie herstel na veloorplanting

Die 3-jarige brandslagoffer van Limpopo, Isabella (Pippie) Kruger, is wakker en haal op haar eie asem.

Dokters sê haar herstel vorder baie goed, berig RSG. Pippie het tydends ‘n gesinsbraai op Oujaarsaand verlede jaar brandwonde oor 80% van haar lyfie opgedoen. Sy het die afgelope paar maande in die hospitaal spandeer na dié fratsongeluk. Gekloonde vel is vroeër van Boston in Amerika ingevlieg en op gebrande dele van haar lyf oorgeplant. Die vel wat gekweek is moes binne 24 uur oorgeplant word. Sy het Vrydag begin wakker word nadat die toediening van verdowingsmiddels gestaak is.

Haar ouers, Anice en Erwin Kruger, sê Pippie sterk goed aan. Dr. Ridwan Mia, haar plastiese chirurg wat die operasie gedoen het, is tevrede en sê meer as 90% van die nuwe vel het suksesvol geheg.

Die dokters verwag dat haar fisioterapie dalk reeds aanstaande week sal kan begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.