Pippie kry nuwe vel

Pippie Kruger voor die ongeluk. Foto: Facebook

Die 3-jarige Isabella (Pippie) Kruger het Maandagaand ‘n veloorplanting gekry na sy verlede jaar derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyf opgedoen het.

Pippie het die brandwonde opgedoen nadat ‘n bottel vuuraansteekjel op Oujaarsaand in haar pa, Erwin, se hande ontplof het. Pippie se nuwe gekweekte vel het gisteraand van die VSA in Suid-Afrika aangekom voor sy die veloorplanting gekry het. Volgens berigte is Pippie die eerste persoon in Suid-Afrika om die operasie te kry. Die vel is uit dele van Pippie se vel gekweek en moes binne 24uur ooregplant word. Pippie se ma, Anice, het gisteraand op Facebook geskryf: “Dis klaar dis perfek dis awesome God is amazing geen komplikasies in teater nie…ek is die trotste mamma en Erwin die trotste ouers in die wereld kan nie glo die Here het pippie vir ons gegee en nou weer perkek gemaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.