Pippie se ma ontken dat fonds misbruik word

Anice en Pippie Kruger. Foto: Facebook

Die brandslagoffer Pippie Kruger se ma, Anice, ontken ten sterkste dat sy geld van die Pippie se ­Gesiggie-fonds misbruik en sê ‘n voorlopige oudit sal dit kan bewys, het sy Woensdag aan Eyewitness News gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig die Valke ondersoek beweringe dat geld, wat aan die fonds geskenk is, glo wanbestuur word en gebruik word om Anice se leefstyl te finansier.

Die fonds, waarin weldoeners al miljoene rande ­betaal het, word deur Pippie se ma, pa en ouma beheer.

Anice het die bewerings ontken en het gesê dit is gemaak deur ‘n voormalige vriendin wat ‘n vendetta teen haar het. “Dit is ‘n spul leuens. Om ‘n ander kind te help met gekloonde vel soos wat ons vir Celiwe Maseko gedoen het is nie selfverryking nie. Ons wil ook van die fondse gebruik om ‘n rehabilitasiesentrum vir brandslagoffers te bou,” het sy aan EWN gesê.

Maseko, ʼn vyfjarige meisie van Kagiso naby Krugersdorp, het in Mei ʼn soortgelyke veloorplanting soos Pippie ontvang en dit was suksesvol. Sy het op 4 Januarie die brandwonde op haar rug, maag en bobene opgedoen nadat haar rok aan die brand geslaan het. ‘n Maatjie het haar per ongeluk met ‘n brandende vuurhoutjie gegooi terwyl hulle gespeel het. Dit was die eerste keer in Afrika dat dié soort oorplanting op ʼn persoon met ʼn donker vel gedoen is.

Anice het R500 000 vir Celiwe se prosedure geskenk uit die brandfonds wat vir Pippie gestig is. “Dit is nog ʼn wonderwerk. God is so groot en getrou niks kan Sy genade toemaak nie. Niks kan Sy almag wegsteek nie. Dr. Mia is baie tevrede met Celiwe,” het sy destyds gesê. Sy het ook gesê sy besef hoe groot wonderwerk Pippie was en is en sal wees en hulle is dankbaar dat hulle vir ander ook hoop kan gee.

Intussen stuit die gerugte nie vir Anice om in samewerking met CUM-Boeke, Pippie se boek landswyd te bemark nie. Anice, Pippie en die sanger Juanita du Plessis stel Saterdag 24 Augustus om 10:00 Pippie se boek by die CUM-Boeke-winkel by die Menlyn Retail Park-winkelsentrum in Pretoria bekend.

Lees ook:
Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek
Uittreksel uit “Pippie” deur Anice Kruger saam met Colleen Naudé
Video: Pippie se storie in boek omskryf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peter Vonk ·

Oplossing,laat n trust die fondse sreng beheer,bygese n geloofwaardige trust.

MissBotha ·

Ons Almal weet dit was Tannie Lindi wat die Valke genader het….daai vrou het regtig hulp nodig!!! Los Anice uit! Sy gee haar alles!!!

sarie ·

Ag asb Asb anice hou op God.speel jy bly met boeke gaan ge oudit word elkeer n ander datum nou weer n rehap bou om nog meer mens te wil melk vir geld

MissBotha ·

Sarie…stadig jong! Wie is jy om te se sy speel God??? Darm lewe sy op die regte pad en darm gee sy vir ander wat nodig het….wat doen jy vir jou mede mense behalwe klippe gooi want jy bly mos in n glas huis neh???? Die vrou het als oorhandig sodat als geaudit kan word….waaroor wil jy nou kom oordeel??? Jy moet bid want jyt God nodig in jou lewe!!!!

Eben ·

Die Valke moet soos onmiddellik n ‘hold’ op daardie rekening plaas wat deur familie-lede beheer word. As ek reg gelees het, asook Maroela Media reg geskrywe het, is daar miljoene in die rekening in betaal. Die groot vraag is, in watter rekening? Vorige media gerugte is dit in familie-lede se rekening direk inbetaal. Is die waar?

Ek vra weer, deur wie word dit geoudit? Is daar REEDS n registreerde fonds nommer en as daar aansoek gedoen is, hoe lank gaan dit nog neem vir nommer en wanneer is die aansoek ingedien?

In n Sondag koerant is ook berig dat die vel oorplanting aan Celiwe nie nodig was en geld is vermors! Kan ons ook die kommetaar van die 2 kinders wat ‘gehelp’ ook lees?

Ek stem graag saam Sarie tot tyd en wyl die nodige antwoorde verskaf is, en die Valke n ondersoek daar gestel het, en ons ALLE misverstande uit die weg kan ruim. Tot dan hang daar n groot vraagteken oor Anice!

Kraai ·

Anice is kinderagtig. Sy speel die heldin in die verhaal en nie Pippie nie. Hoekom is Erwin nie vir nalatigheid aangekla nie? Die waarskuwings was duidelik op die verpakking? Dit was oujaar en hulle was gesuip. Sy is ‘n drama queen. Jy hoor nie dat Reevie se ma so aangaan nie. Koop strandhuise en all.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.