Pippie se veloorplanting ‘n sukses

Pippie se ouers, Erwin en Anice Kruger, kyk na 'n selfoonfoto van hoe hul dogtertjie se nuwe vel gegroei het. Foto: Suna Venter

Die 3-jarige Isabella (Pippie) Kruger se veloorplanting was 90% suksesvol.

Pippie het verlede week ‘n veloorplanting gekry na sy verlede jaar derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyf opgedoen het. Dr. Ridwan Mia het gisteraand gesê die operasie was ʼn sukses en dat sy nou stelselmatig wakker gemaak sal word. Pippie se ouers, Erwin en Anice Kruger, was in ekstase toe hul gisteraand ʼn selfoonfoto gewys is van hoe die nuwe vel gegroei het. Anice het op Facebook geskryf: “Pips lyk awesome en dis nader aan 95 persent… Whoohooo pappa Vader dis so so awesome.” Pippie se nuwe gekweekte vel het van die VSA in Suid-Afrika aangekom voor sy die veloorplanting gekry het. Volgens berigte is Pippie die eerste persoon in Suid-Afrika om die operasie te kry. Die vel is uit dele van Pippie se vel gekweek en moes binne 24uur oorgeplant word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.