Pippie word ontslaan

Pippie Kruger voordat sy erg verbrand het

Die 3-jarige Pippie Kruger word Woensdag uit die Garden City-hospitaal ontslaan.

Pippie het in Junie ‘n veloorplantingoperasie ondergaan nadat sy derdegraadse-brandwonde oor sowat 80% van haar lyfie opgedoen het. ‘n Bottel met vuuraansteekgel het ontplof toe haar pa Oujaarsaand wou braai.

Dokters het haar aanvanklik sowat ‘n 10% kans op oorlewing gegee. Haar liesvel is in ‘n laboratorium in Boston, Amerika gekloon en hierheen teruggevlieg.

Haar pa, Erwin Kruger, sê die gesin is verheug oor die nuus. “Ek is buite myself. Sy moet rehabilitasie ondergaan en weer leer hoe om te loop en te praat,” het hy gesê. Dr. Ridwan Mia, haar plastiese sjirurg, sê die volgende fase in haar herstel begin nou. “Ek sal haar Woensdag ontslaan en dan sal sy na die Netcare rehabilitasie-hospitaal in Aucklandpark oorgeplaas word.

“Met Pippie gaan dit rerig so so baie goed,” het Pippie se ma, Anice, op haar Facebookblad geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.