Pistorius 0.22 sekondes te stadig

Oscar Pistorius was verheug oor sy silwer medalje wat hy by die Afrika Atletiekkampioenskappe in Benin ontvang het, ten spyte daarvan dat hy nie vir die Olimpiese Spele in Londen kwalifiseer het nie.

Pistorius het Vrydag tweede plek behaal in die mans 400m finaal met ʼn tyd van 45.52 sekondes. Hy mis die Olimpiese kwalifiserende standaard van 0.22 sekondes.

“Hy is tevrede met sy vertoning,” het Peet van Zyl, sy bestuurder, gesê.

Saterdag is die sperdatum om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.