Pistorius-gesin geskok oor kommentaar op sosiale media

Oscar Pistorius en sy gesin het hul misnoë uitgespreek oor die aard van boodskappe op sosialemedia-netwerke oor sy verhouding met wyle Reeva Steenkamp.

“Die minagting van sommige mense, veral diegene wat op sosiale media kommentaar lewer, oor die geweldige pyn wat Reeva se familie en vriende tans beleef is kommerwekkend,” het die gesin in ‘n verklaring gesê. “Daar is nie ‘n oomblik wat verbygaan wat Oscar nie oor Reeva en haar gesin en almal wat naby aan haar was, treur nie. Hulle is die heeltyd in sy gedagtes.”

Pistorius is van moord aangekla nadat Steenkamp op 14 Februarie in sy huis doodgeskiet is. Hy is op 22 Februarie op borgtog vrygelaat. Sy streng borgvoorwaardes, insluitend ‘n verbod op internasionale reis, is later in die Pretoriase hooggeregshof verslap.

Anneliese Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-gesin, het gesê Reeva se familie, en almal wat vir haar lief was, is in die Pistorius-gesin se gebede. “Alhoewel hul verhouding nog jonk was, was sy ‘n intieme lid van die Pistorius-gesin.” Volgens Burgess het Pistorius, in die kort tydjie wat hulle saam was, nie ‘n geleentheid gehad om haar familie te ontmoet nie. Sy sê Pistorius het die afgelope paar weke tyd spandeer saam met mense wat naby aan Steenkamp was om herinneringe oor haar te deel. “Die proses is oorweldigend vir Oscar en hy sukkel om die wyse waarop hy Reeva verloor het te hanteer, en ook sy rol in haar afsterwe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alana Muir ·

“en hy sukkel om die wyse waarop hy Reeva verloor het te hanteer, en ook sy rol in haar afsterwe.” – my Ma sou gese het: ek sou nogal so smile, magtig. Ek skud net my kop. Mens skiet iemand dood en dan sukkel jy om daaroor te kom. Hoe absoluut amazing….!!!

Mev E J Otto ·

Ai jaijai Wat dink die man? Ons moet vir hom jammer wees! Hy het dan die sneller getrek…..Om watter rede ook al Werklik hy is ydel! En sy familie is heeltemal die kluts kwyt! Dink hy oor hy n sportheld is hy is gevrywaar van gewone menslike emosies! ……. Ons moenie twyfel nie! Ons moet ook niks bevraagteken nie! Ons moet hom glo! Hy kannie gewone parool uitdien soos ander afwagtenes nie Nee hys spesiaal! Als gaan om die arme Oscar ! Slaat my dood met n nat vis! Ek bevraagteken hom sy lyftaal sy toneelspel Ek sou seker ook so “charade” getoon het as ek in sy skoene was! Hy het agter alles nie Reeva verloor nie, hy het haar doodgeskiet!

Dee Dee ·

a/Nee hier sit die klip christene bymekaar … behalwe vir Sanette. Hy huil oor haar afsterwe want dit was ‘n ongeluk ! Sies hoop nie julle hou bybels vas nie.

SANETTE HENNING ·

WIE IS ONS OM TE VEROORDEEL BID EERDER VIR AL DIE BETROKKENIS SUID AFRIKANERS GLO HUL IS CHRISTENE MAAR MEESTE MENSE SE DADE WEERSPREEK DIT MAAR ELKE SONDAG SIT HUL VOOR IN KERK EN GEE GETROU TIENDE EN DINK DIS GENOEG NEEEEEEEE REIK IUT NA ANDER IN NOOD EN ONTHOU GOD IS N GOD VAN LIEFDE EN HY SE VERGEWE MEKAAR EN BID VIR MEKAAR !!!! AS GOD AAN KRUIS IN DIE LAASTE OOMBLIKKE N MAN VERGEWE EN NIE GEOORDEEL HET NIE WIE IS ONS ?

Dee Dee ·

Ja/Nee hier sit die klip christene bymekaar … behalwe vir Sanette. Hy huil oor haar afsterwe want dit was ‘n ongeluk ! Sies hoop nie julle hou bybels vas nie.

Sylvia Siemens ·

Christene mag kommentaar lewer, mag “oordeel”, mag onderskei tussen reg en verkeerd, mag mening uitspreek oor sake van die dag, Christene is nie marionette, breinlose mense nie, gaan lees julle Bybels, indien julle een het, al verskil is dat ons bly bid vir God se Genade en dat geregtigheid sal geskied

Mev E J Otto ·

Dee Dee moenie oor my oordeel en my dan n klipchristen noem nie Ek is n christen wat my geloof uitleef maar dit maak my nie n skaap nie Dit maak nie verkeerd reg nie en neem ook nie my oordeel weg nie Gaan lees jou Bybel Oordeel sonde ipv om ons aan te val Wat se bewys het jy om te se dit was n ongeluk behalwe sy woord! En dan wil hy nou nog met sy familie verontwaardig wees oor kritiek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.