Die Olimpiese en Paralimpiese atleet Oscar Pistorius (26) moet Maandag weer in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die moord op sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, in Februarie. Steenkamp sou Maandag haar 30ste verjaarsdag gevier het.
Dit sal egter na verwagting net ʼn kort verskyning wees waarin die datum vir die volledige verhoor na verwagting bepaal gaan word. Dié volledige verhoor sal glo eers in 2014 begin, as gevolg van ʼn agterstand in die land se howe.
Dit is bykans ses maande nadat Pistorius Steenkamp op 14 Februarie in die badkamer van sy spoghuis in die ooste van Pretoria deur ʼn geslote deur doodgeskiet het. Hy beweer hy het haar as ʼn inbreker aangesien.
Pistorius is tans uit op borg. As hy aan moord skuldig bevind word, kan hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.
– SAPA
Geld Wat Stom Is …??
Sal nie my opinie lig nie want ek weet wat die uiteinde van die saak gaan wees!
Geniet hierdie jaar jou vryheid. ‘n Moordenaar hoort agter tralies en nie die voordele wat jy geniet nie.
Sal geregtigheid ooit geskied? Ter wille van haar familie hoop mens so.