Pistorius maak geskiedenis op wêreldatletiekbyeenkoms

Die Paralimpiese-kampioen, Oscar Pistorius, het Sondag geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer op ʼn groot byeenkoms teen liggaamlik geskikte atlete deelgeneem het tydens die Wêreldatletiekbyeenkoms in Daegu.

Pistorius het in ʼn tyd van 49,39 sekondes vir die 400m-halfeindronde gekwalifiseer toe hy derde in die finale uitdunronde geëindig het. Dit is die tweede vinnigste tyd van sy loopbaan. Hy sal Maandag aan die halfeindronde deelneem. Die eindronde is Dinsdag. Intussen is Lehann Fourie in die eerste ronde van die mans 110m hekkies uitgeskakel nadat hy sewende geëindig het in sy uitdunronde in ʼn tyd van 13,86 sekondes. Simone du Toit het tweede geeindig in die vroue diskus uitdunronde. Sy is 13de in haar groep nadat sy 15,85m gegooi het tydens haar eerste poging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.