Pistorius-verhoor: Staat het 107 getuies

Oscar in die Pretoria-landdroshof. Foto: Alex Crawford / Sky News / Twitter

Die staat gaan na verwagting 107 getuies tydens die moordverhoor van die Paralimpiese en Olimpiese atleet, Oscar Pistorius, roep. Pistorius se klagstaat is Maandag in die Pretoriase landdroshof bekend gemaak.

Onder die getuies is Pistorius se suster, Aimee, sy oom Arnold, die voormalige ondersoekbeampte Hilton Botha, en inwoners van die Silwer Woods-landgoed in die ooste van Pretoria, waar Pistorius gebly het.

Mediese kenners, paramedici, ballistiese en forensiese kenners is ook van die getuies wat na verwagting vanaf 3 tot 20 Maart in die verhoor in die Pretoriase hooggeregshof gaan getuig.

Pistorius word daarvan verdink dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag by sy huis doodgeskiet het.

Lede van die Meyer-gesin gaan ook gevra word om te getuig. Steenkamp het voor die voorval by die Meyer-gesin in Johannesburg gebly. Hulle dogter, Gina, was Steenkamp se beste vriendin.

Saam met ʼn aanklag van moord, gaan Pistorius ook aangekla word vir die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, het die Nasionale Vervolgingsgesag in die klagstaat gesê.

Lees ook:
Pistorius se hofdatum bepaal
Bomeenheid deursoek Pistorius-hofsaal
Talle drom saam voor Oscar se hofverskyning
Oscar se huis het glo “slegte karma”
Oscar Pistorius se verhoordatum bekend
NVG swyg oor Oscar-aanklagte
Pistorius gou weer terug in die hof
Oscar kuier in Hermanus voor moordverhoor
Staat maak gereed vir Oscar-hofsaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.